Praktiese Gebedsgids

Gebed is ‘n noodsaaklike deel van elke gelowige se geestelike groei. Alleenlik deur meer tyd met die Here in gebed te spandeer, kan ons Hom meer intiem leer ken en nader aan Hom groei. Soos ons almal weet, is daar baie verskillende soorte gebede. As ons ‘n deeglike studie van gebed maak, sal ons baie verskillende woorde en maniere ontdek wat die Bybel beskryf oor hoe ons behoort te bid.