Rut is ‘n familie storie: 

Sowat 90 persent van die verse in die boek Rut begin met die letter ‘vav’. Die ‘vav’, die sesde letter in die Hebreeuse alfabet. Hierdie letter kry spesiale betekenis omdat dit dien as die uiteindelike verbinder letter.  ‘Vav’ dien as ‘n brug letter, soos die “en” ‘n verbindingswoord is: gevolglik, met, en dus, en ander soortgelyke woorde.

Rut: “vriendskap”

Maglon: “sieklik” “onvrugbaar” 

Giljon: “swak” “op die einde”  

Elimeleg: “my God is Koning” 

Naomi: “lieflik, ”aangenaam” 

Orpa: “bokkie”

Boas: “In hom is sterkte”

Die boek Rut was gelees op Shavuot, die fees van Pinkster, 50 dae na die Pasgafees. Pinkster of Shavuot val op die sesde dag van Sivan, die dag waarop die Torah gegee is aan Moses op die berg Sinai. Die boek Rut is vol met gevalle van geestelike familie verbintenisse wat herstel word. Dit begin met Elimeleg, wat sy familie en volk verlaat vir oorlewing en ekonomiese vooruitgang. Dit asof hy nie omgee vir sy familie verbindings nie, hy verlaat hulle toe die hongersnood uitbreek en verhuis na Moab. Maar teen die einde van die boek, sien ons baie verbindings uitgelig. Kragtige pa-seun verbindings, en die familie bloedlyn van Jesus herstel, Obed was koning David se oupa.  

Rut versinnebeeld hoe iemand wat nie deel is van God se familie moet maak om deel te word: Haar reis begin as ‘n ‘nochriyah’, ‘n uitlander (Ruth 2:10), sy beskryf haarself as ‘n ‘shif’chah’, slavin (Ruth 2:13), en dan as ‘n ‘amah’, diensmeisie (Ruth 3:9). Teen die einde van die storie, noem Boaz, haar toekomstige man, haar ‘n ‘ishah’, edel vrou (Ruth 4:10), en uiteindelik as deel van die geslagregister van die Messias as Dawid se groot Ouma. (Ruth 4:17). 

  1. Verbondsverbintenis:“Waar Ma ook al heen gaan, sal ek saamgaan en waar Ma gaan bly, sal ek ook bly. Van nou af is Ma se volk ook my volk en Ma se God is my God. 17Waar Ma eendag te sterwe kom, kan ek ook maar doodgaan en daar begrawe word. Ek sweer voor die Here dat net die dood ons sal skei.”(Rut 1:16) Die hoofrede hoekom hierdie boek by die Pinkster fees, of fees van weke gelees word, is Rut se respek vir die Torah. Haar skoonmoeder se lewe en toegewydheid het haar aangetrek, en volg die tradisies en voorskrifte van die wet na, met liefde en toewyding.  
  2. Sy Soek Familie Op:“Jy was baie onselfsugtig toe jy besluit het om by jou skooma te bly, maar jy is nou nog meer onselfsugtig. Want jy kon vir jou maklik ’n jong man uitgesoek het wat jy graag wou hê. Maar nou het jy jou plig gedoen deur my te vra om met jou te trou.” 11Ek sal doen wat jy vra en jy hoef nie bang te wees nie, want almal in die stad weet jy is ’n ordentlike vrou.(Rut 3:10) 
  3. Sy voer die opdragte en instruksies met nederigheid en ootmoed uit:Luister nou mooi—hy sal vannag by die dorsvloer wees waar hulle besig is om die graan skoon te maak wat klaar gedors is. 3Bad nou en gebruik ’n bietjie parfuum. Trek dan jou mantel aan en gaan na die dorsvloer toe, maar sorg dat hy jou nie sien voordat hy klaar geëet en gedrink het nie. 4Kyk mooi waar hy gaan lê om te slaap en as hy eers aan die slaap is, moet jy langs hom gaan inkruip. Dan sal hy verder vir jou sê wat jy moet doen. 5“Ja Ma, dis goed,” antwoord Rut. “Ek sal so maak.”(Rut 3:2-5) 
  4. Sy werk hard en neem haar gekose plek in:Dis ’n jong Moabitiese vrou wat saam met Naomi van Moab af gekom het,” antwoord die voorman. 7“Sy het gevra of sy graan mag optel waar ons klaar geoes het, en sy is al van vanoggend af aan die gang tot nou toe sonder om eers ’n bietjie te gaan rus.”Rut 2:6 Die armes kan teen die kante van die veld, are optel volgens gebruik. Sonder enige arrogansie, wedywering, doen sy haar werk in stilte, soveel so dat die werkers haar opmerk.  Sy het geen ambisie en aanstellerigheid toe Boas vir haar goed is nie. Toe buig Rut neer met haar gesig na die grond toe, en sê: “Meneer, ek is ’n uitlander. Ek kan nie verstaan waarom u van my notisie neem en my so vriendelik behandel nie.”(Rut 2:10) ‘n aanstelling wat nie van God kom, en deur Hom bewerk word nie, moet in die vlees in stand gehou word.  

Die fees van weke of soos die meeste Christen kerke dit noem “Pinksterfees” is die tweede belangrikste fees in die Joodse kalender. Die fees gedenk die verkryging van die Wet op die berg Sinai deur Moses. Dit het op die 50ste dag geval, sewe volle weke vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan is. (Deut 16:9) Die getal 50 word bereken as die hoeveelheid dae wat dit geneem het om van die verlossing uit Egipte tot by Sinai te trek. (Exo 19:1) Hulle het hierdie dag getel van die tweede dag van die Paasfees. Die naam Pinkster kom van die Griekse woord hè pentekostè = die 50ste.14 Die fees word deur die Here ingestel en die voorskrifte van die fees word aan Moses deurgegee. (Lev 23:15-21)

Hierdie fees is vervul op die 50ste dag toe die Heilige Gees uitgestort is op dié wat in die bovertrek gewag het op die vervulling van die belofte. Vergelyk (Acts 1:5, 8 en Mat 3:11) Die ooreenkomste tussen die gebeurtenis by Sinai en in Handelinge 2 is baie interessant:

Toe die Here op die berg aan die volk verskyn … donderweer en weerlig … rook en vuur … die berg het geskud. (Exo 19:16-18) “geluid van baie sterk basuin” en in Handelinge 2 “geluid soos van ’n geweldige rukwind” “omdat die Here in ’n vuur daarop neergedaal het” – “tonge gesien soos van vuur” Eksodus 32:28 word 3000 mans doodgemaak as straf vir hulle vrees, ongeloof en maak van ’n valse god. Na die uitstorting van die Heilige Gees kom 3000 mense tot bekering! Tydens Moses se tyd op Sinai, volg instruksies oor die bou van ’n tent van samekoms. Later word die volk opgeroep om vrywillige offers te bring vir die oprigting van ’n heiligdom. (Exo 25:1) “ook moet hulle vir my ’n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.” (Exo 25:8) Na die uitstorting van die Heilige Gees, word na ons as gelowiges verwys as die tempels van die Heilige Gees. (1 Cor 3:16; 2 Cor 6:19; 2 Cor 6:16; 1 Cor 6:19) Die kerk van Jesus Christus word die gebou en tempel van God, gebou met lewende stene. (Eph 2:21)

Die gebruik om twee brode voor die Here te wuif is baie interessant. Veral as jy in aanmerking neem dat geen offer aan die Here suurdeeg mag bevat het nie. (Lev 2:11) Maar in hierdie geval word die twee brode gebak van die opbrengs van die oes, met suurdeeg en voor die Here gewuif. Die Jode sien die twee brode verwysend as een na die Jode en die ander na die Heidene.  Hierdie is ’n geheimenis wat eers later deur Paulus duidelik gemaak is om die middelmuur tussen Jood en nie-Jood verwyder in Christus, te verstaan. (Eph 2:11-22) Onthou toe die Jode uit Egipte gevlug het was daar dié van gemengde bloed wat saam uitgetrek het. (Exo 12:37, 38) Met ander woorde almal wat die woord gehoor het, en in geloof en gehoorsaamheid bloed aan die deurposte gehad het, is gespaar. God se hart is dat al die nasies gered sal word. (Ps 72:11; Mat 28:19; Rev 22:2) Maar beide Heiden en Jood het ’n inherente hartprobleem met sonde. Beide is vasgevang in die mag van sonde en kan nie hulself bevry nie. Op Pinksterdag hoor elke nasie wat onder die hemel is, die dissipels getuig oor die wonderdade van God in hulle eie taal!

Die skrywer van Hebreërs werp nog meer lig op die vervulling van die fees en hoe God Sy ware bedoeling van wat by Sinai moes gebeur, verwesenlik op Pinksterdag in Handelinge 2. Anders as die Israeliete wat by Sinaiberg gekom het toe God sy wet vir hulle gegee het, het julle nie by ’n fisiese berg aangekom met brandende vuur, donderwolke, donkerte, stormwind, trompetgeskal en ’n stem wat praat nie – met die gevolg dat dié wat dit gehoor het, gesmeek het dat God nie verder met hulle moes praat nie.  God se opdrag dat selfs ’n dier wat die berg met sy poot aanraak, doodgegooi moes word, het hulle laat terugsteier.  Ja, so angswekkend was die aanskoue van alles dat Moses uitgeroep het: “Ek is absoluut verskrik, ek bewe van angs!” (Heb 12:18-21) God wou Homself aan ’n groep mense, sy volk, uitverkorenes persoonlik openbaar, maar die mens kon die heerlikheid nie uitstaan of hanteer nie. In vrees en ongehoorsaamheid gaan maak hulle vir hulleself ’n afgodsbeeld. Op Pinksterdag kom stort die Here Sy Gees in ons uit, en vind die kulminasie van honderde jare se belofte en goddelike verwagting plaas toe mens God van aangesig tot aangesig sien en ervaar. Dit is die hoogtepunt en ware betekenis van wat gebeur tydens die vervulling met die Heilige Gees.

Dit gaan nie hoofsaaklik oor tale nie, maar oor ’n wesenlike ontmoeting met die lewende God. Dit moet ’n geestelike gebeurtenis wees, want God is Gees! Nee, julle het aangekom by Sionsberg, by die stad van die lewende God! Julle het aangekom by die hemelse Jerusalem, by die miljoene engele wat juigend feestelik bymekaar is, en by die gemeente van God se kosbare kinders wie se name in die hemel opgeskryf staan. Julle het gekom by God, die Regter oor almal, en by die geeste van die verlostes in die hemel wat nou volkomenheid bereik het. Ja, julle het aangekom by Jesus, die Middelaar van die nuwe verbond tussen God en sy mense, en by die verbondsbloed wat gesprinkel is en wat van vergifnis getuig – so anders as die bloed van Abel wat om vergelding geroep het. (Heb 12:18-24)

Kragtige Dinge gebeur as daar EENHEID is. 

In die Handelinge Kerk, die eerste kerk, sien ons die gevolg van mense wat vervul is met die Heilige Gees. Die eenheid word die kern, en platvorm, habitat van God se heerlikheid.  

  • Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed Acts 1:14 
  • was hulle almal eendragtig bymekaar. Acts 2:1 
  • En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, Acts 2:46 
  • hulle was almal eendragtig saam in die pilaargang van Salomo.
  • En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God … EN die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad. Acts 4:24, 32
  • En daar was niemand van die ander wat dit gewaag het om hom by hulle te voeg nie, maar die volk het hulle baie geëer. Acts 5:12 
  • En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen. Acts 8:6 
  • het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Acts 15:25  

Praat saam