Ons leef tans in ‘n tyd waar ons skynbaar meer verbind behoort te wees, as ‘n mensdom deur tegnologie.  Tog is mense van die mees ontwikkelende lande, die meeste depressief, pleeg selfmoord, die hoogste gebruik van antidepressante, en siel verwante siektes.

God wil ons deur Christus, die Heilige Gees, en die Liggaam van Christus weer verbind, in ‘n seker en vaste fondasie van goddelike verhoudinge.

Ons gaan vandag beginsels tot optimale verhoudings leer uit die boek van Rut. In Joodse Tradisie word Rut, die boek van verbintenis genoem.

Sowat 90 persent van die verse in die boek van Rut begin met die letter vav.  Die vav, die sesde letter in die Hebreeuse alfabet. Hierdie letter kry spesiale betekenis omdat dit dien as die uiteindelike verbind letter die brug-woord tussen woorde en sinne. Vav dien ‘n soortgelyke funksie as “en”. Elke lyntjie in die Torah, begin ook met ‘n vav, omdat die wet as ‘n eenheid gesien, en gedoen moet word. Jy kan nie een stukkie uitlaat waarvan jy nie hou nie.

Die boek van Ruth is gelees op Shavuot, die Pinksterfees, 50 dae na die Pasga. Pinkster of Shavuot val op die sesde dag van Sivan, die dag waarop die Torah gegee is aan Moses op die berg Sinai. Die boek van Rut is vol met gevalle van geestelike verbintenisse. Die verhaal begin met Elimelech, wat sy familie en volk los op soek na kos. Dit is asof hy nie omgee oor daardie verbindings en verhoudinge nie, aangesien hy hulle verlaat agv hongersnood en verhuis na Moab. Maar teen die einde van die boek, sien ons baie verbintenisse herstel word. Kragtige pa-seun verbindings wat terug gaan in geslagte, Dawid, al die pad terug na sy groot-groot-oupagrootjie, Juda. Rut wat ‘n eed afneem om nooit haar skoonma, Naomi te verlaat nie, wat ook al gebeur. Boas verlaat nie sy veraf familie lid nie. Al hierdie verbintenisse word beklemtoon deur die liriese herhaling van die vav — en, en, en, en….

Selfs die betekenis van die name in die boek, dui op die hooffiguur “vriendskap” wat God gebruik om uiteindelik die stamboom van Christus in stand te hou.

Ruth the Moabitess. “friendship.”

Mahlon means “sickly” and Chilion, “wasting.”

Elimelech—signifies “My God is king.”

Naomi, “Pleasant, Delightful, Lovely”

Orpah means “Fawn”; Ruth, “Friend.”

Boaz means “Swiftness.”

Aangesien die boek van Ruth bied ‘n praktiese prentjie van die Koning-Verlosser en sy huwelik om die bruid te verlos, die Christelike betekenis van Pinkster raak voor die hand liggend! Christus is nou die Verlosser wat gekom het om sy bruid te koop, en op die dag van Pinkster die kerk, sy familie te begin!

Die fees van weke of soos die meeste Christen kerke dit noem “Pinksterfees” is die tweede belangrikste fees in die Joodse kalender. Die fees gedenk die verkryging van die Wet op die berg Sinai deur Moses. Dit het op die 50ste dag geval, sewe volle weke vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan is. (Deut 16:9) Die getal 50 word bereken as die hoeveelheid dae wat dit geneem het om van die verlossing uit Egipte tot by Sinai te trek. (Eks 19:1) Hulle het hierdie dag getel van die tweede dag van die Paasfees. Die naam Pinkster kom van die Griekse woord hè pentekostè = die 50ste.14 Die fees word deur die Here ingestel en die voorskrifte van die fees word aan Moses deurgegee. (Lev 23:15-21)

Hierdie fees is vervul op die 50ste dag toe die Heilige Gees uitgestort is op dié wat in die bovertrek gewag het op die vervulling van die belofte. Vergelyk (Hand 1:5, 8 en Mat 3:11) Die ooreenkomste tussen die gebeurtenis by Sinai en in Handelinge 2 is baie interessant:

Toe die Here op die berg aan die volk verskyn … donderweer en weerlig … rook en vuur … die berg het geskud. (Exo 19:16-18) “geluid van baie sterk basuin” en in Handelinge 2 “geluid soos van ’n geweldige rukwind” “omdat die Here in ’n vuur daarop neergedaal het” – “tonge gesien soos van vuur” Eksodus 32:28 word 3000 mans doodgemaak as straf vir hulle vrees, ongeloof en maak van ’n valse god. Na die uitstorting van die Heilige Gees kom 3000 mense tot bekering! Tydens Moses se tyd op Sinai, volg instruksies oor die bou van ’n tent van samekoms. Later word die volk opgeroep om vrywillige offers te bring vir die oprigting van ’n heiligdom. (Eks 25:1) “ook moet hulle vir my ’n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.” (Exo 25:8) Na die uitstorting van die Heilige Gees, word na ons as gelowiges verwys as die tempels van die Heilige Gees. (1 Cor 3:16; 2 Cor 6:19; 2 Cor 6:16; 1 Cor 6:19) Die kerk van Jesus Christus word die gebou en tempel van God, gebou met lewende stene. (Eph 2:21)

Die gebruik om twee brode voor die Here te wuif is baie interessant. Veral as jy in aanmerking neem dat geen offer aan die Here suurdeeg mag bevat het nie. (Lev 2:11) Maar in hierdie geval word die twee brode gebak van die opbrengs van die oes, met suurdeeg en voor die Here gewuif. Die Jode sien die twee brode verwysend as een na die Jode en die ander na die Heidene. Hierdie is ’n geheimenis wat eers later deur Paulus duidelik gemaak is om die middelmuur tussen Jood en nie-Jood verwyder in Christus, te verstaan. (Eph 2:11-22)

Onthou toe die Jode uit Egipte gevlug het was daar dié van gemengde bloed wat saam uitgetrek het. (Exo 12:37, 38) Met ander woorde almal wat die woord gehoor het, en in geloof en gehoorsaamheid bloed aan die deurposte gehad het, is gespaar. God se hart is dat al die nasies gered sal word. (Ps 72:11; Mat 28:19; Rev 22:2)

Beide Heiden en Jood het ’n inherente hartprobleem met sonde. Beide is vasgevang in die mag van sonde en kan nie hulself bevry nie. Op Pinksterdag hoor elke nasie wat onder die hemel is, die dissipels getuig oor die wonderdade van God in hulle eie taal! God stort Sy Gees uit, en ‘n nuwe nasie kom tot stand!

Die skrywer van Hebreërs werp nog meer lig op die vervulling van die fees en hoe God Sy ware bedoeling van wat by Sinai moes gebeur, verwesenlik op Pinksterdag in Handelinge 2. Anders as die Israeliete wat by Sinaiberg gekom het toe God sy wet vir hulle gegee het, het julle nie by ’n fisiese berg aangekom met brandende vuur, donderwolke, donkerte, stormwind, 19 trompetgeskal en ’n stem wat praat nie – met die gevolg dat dié wat dit gehoor het, gesmeek het dat God nie verder met hulle moes praat nie. 20 God se opdrag dat selfs ’n dier wat die berg met sy poot aanraak, doodgegooi moes word, het hulle laat terugsteier. 21 Ja, so angswekkend was die aanskoue van alles dat Moses uitgeroep het: “Ek is absoluut verskrik, ek bewe van angs!”(Heb 12:18-21) God wou Homself aan ’n groep mense, sy volk, uitverkorenes persoonlik openbaar, maar die mens kon die heerlikheid nie uitstaan of hanteer nie. In vrees en ongehoorsaamheid gaan maak hulle vir hulleself ’n afgodsbeeld. Op Pinksterdag kom stort die Here Sy Gees in ons uit, en vind die kulminasie van honderde jare se belofte en goddelike verwagting plaas toe mens God van aangesig tot aangesig sien en ervaar. Dit is die hoogtepunt en ware betekenis van wat gebeur tydens die vervulling met die Heilige Gees.

Dit gaan nie hoofsaaklik oor tale nie, maar oor ’n wesenlike ontmoeting met die lewende God. Uiteindelik gee God hierdie nuwe volk, ‘n nuwe geestelike taal.

God vervul Sy nuwe Nasie, met Sy Gees, Sy vrug, Sy identiteit! Ons het nou by die Berg, Sinai gekom.  Ons is nie meer bang nie, ons stuur nie ‘n middelaar nie. Elkeen word nou ‘n tempel van die Heilige Gees.

Nee, julle het aangekom by Sionsberg, by die stad van die lewende God! Julle het aangekom by die hemelse Jerusalem, by die miljoene engele wat juigend feestelik bymekaar is, 23) en by die gemeente van God se kosbare kinders wie se name in die hemel opgeskryf staan. Julle het gekom by God, die Regter oor almal, en by die geeste van die verlostes in die hemel wat nou volkomenheid bereik het. 24) Ja, julle het aangekom by Jesus, die Middelaar van die nuwe verbond tussen God en sy mense, en by die verbondsbloed wat gesprinkel is en wat van vergifnis getuig – so anders as die bloed van Abel wat om vergelding geroep het. (Heb 12:18-24)

Ons is gemaak om in eenheid te lewe:

Let me give you one example. Cement is strong enough to carry a very heavy load. It becomes even stronger when aggregates like sand and crushed rock are added to form concrete. But even concrete still crumbles quite easily when pulled on. This is because concrete is strong in compression but weak in tension. Concrete isn’t terribly useful in real-world construction because of that weakness of tension—it does not bend, but breaks. Concrete is used in construction though. How? Engineers learned to combine steel and concrete to make steel-reinforced concrete. Steel is strong in tension, though weak in compression. Concrete is the opposite. Combine them and you get a material strong enough to hold up a skyscraper but flexible enough to sway without breaking. Steel and concrete compensate for each other’s weakness. Steel and cement were literally made to complement each other. This is no coincidence, for no such thing exists in God’s creation. Not convinced? Consider this: Concrete and steel have identical coefficients of expansion. This means that, when heated or cooled, they expand and shrink at the exact same rate. In the jungle or the Arctic or anywhere in between, steel-reinforced concrete holds up for generations because both materials expand and contract in unison. If they did not have exactly the same expansion and contraction rate, they would warp and break over time. These two materials don’t just go together—they seem made to be combined. And indeed they were. God intended humans to continue His act of creation by connecting steel and He made it possible by giving them the exact same expansion characteristics. There can hardly be a more compelling indication that connections are integral to creation. In striving to connect with others, we are riding nature’s wave of intent.[1]

Maar hierdie eenheid en verbinding gebeur deur die Heilige Gees.

Daar is geen skrif getuienis dat die Joodse volk ooit die Jubel jaar, of die Sabbat jaar toegepas het nie.  Jesus kondig die genade jaar aan. (Luk 4:19) en begin dit demonstreer. Toe God Sy gees uitstort, word die nuwe verbond vervul “Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.

En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die Here; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die Here” (Jer 31:33-34)

God se mense begin gee, en deel, en mekaar versorg soos wat Hy dit in elkeen se hart werk.   (Acts 2:44; 4:32)

[1]Business Secrets from the Bible, Rabbi Daniel Lapin

Praat saam