Ontwikkel Christus-gevulde denke

Hoe ons dink, bepaal hoe ons glo – en uiteindelik hoe ons in die lewe optree en reageer. Die slagveld is beslis in ons verstand, ons denke. Net soos ‘n boom nie kan keer dat voëls daarin kom nesmaak nie, net so kan ons nie keer dat gedagtes in ons kop inkom nie. Ons kan wel keer dat dit wortelskiet. Paulus verduidelik presies hoe gedagtes wortelskiet, ‘n geldige argument word en uiteindelik ‘n vesting in 2 Kor. 10:4-5.

Die goeie nuus is dat dié wat in Christus is, se denke vernuwe is. Ons het dus reeds Christus se denkwyse “sinne” toe ons wedergebore is. Dit is interessant dat Paulus verklaar: “Wat ons betref, ons het die denkwyse van Christus” (1 Kor. 2:16). Hierdie denkwyse word deur die Heilige Gees aan ons gegee – soos mens sien as jy die hele hoofstuk versigtig bestudeer. Die denkwyse van Christus is dus die denkwyse van die Gees; die Vader se denkwyse. In geloof kan ons sê: “Ek het die denkwyse van Christus.”

Soos die armes sê hulle is ryk, sê die swakkes hulle is sterk (Joël 3:10). Maar die Gees help ons en leer vir ons die wil en denke van God (Joh. 14:26). “Ek gee my wet in hulle binneste en skryf dit op hulle hart” (Jer. 31:33). “En julle het die salwing van die Heilige Gees en weet alles” (1 Joh. 2:20).

Dit is die konflik wat ons soms beleef tussen dit wat die Gees wil, en ons ou manier van dink. (Rom 8:5) Daarom die fokus op die feit dat ons gedagtes nog steeds vernuwe moet word. (Ef. 4:23; Rom. 12:2)

Net soos by ‘n poskantoor moet ons die “pos”, wat in ons gedagtes opkom, orden en beheer. Nie alle pos wat inkom moet egter oopgemaak word nie; dit is nie aan ons geadresseer nie. Dit is gemorspos. Ons moet die antivirusprogramme van die Heilige Gees, die Woord, goeie gesonde leerstellings en werkswyse, Goddelike raad van medegelowiges wat ons respekteer toepas.

Ons moet leer om soos God te dink sodat ons ‘n deurbraak kan maak op elke vlak van ons lewe.

Die karaktertrekke van iemand met ‘n Goddelike denkwyse is duidelik in Christus: en dit kan getoets word.

Ons moet God met ons hele verstand liefhê – “[E]n jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag” (Mark 12:30). Jesaja 26:3. Wie se denke op Hom gevestig bly. “God in ons”-denke. Altyd bewus van Hom. Dit is waarom ons die Woord gedurig moet oordink. Soos iemand wat verlief is, is God altyd in ons gedagtes. Ons gedagtes is smoorverlief op Hom. Dit vereis fokus. Ons fokus ons gedagtes op die dinge daarbo (Kol. 3:1; Fil. 4:8).

BEREIDWILLIGHEID:

“Want as daar bereidwilligheid is, is dit aanneemlik . . . (2 Kor. 8:12). Chantal het ‘n pragtige beeld van gehoorsaamheid: Dit is om gereed te wees om te gehoorsaam selfs voordat jy die opdrag hoor. Dit is tekenend van ‘n houding wat reg is om te dien, om jouself te gee en risiko’s te loop omdat jy die een wat die versoek rig, ten volle vertrou. Matteus 11:25-30: Sy juk is sag . . . ongedwonge ritme van genade. Huiwering, passiwiteit en uitstellery is alles werke van die vlees, en ‘n wêreldse verstand wat in vrees gewortel is. Bereidwilligheid is in absolute vertroue gewortel, soos ‘n sirkus sweefstokakrobaat sy maat ten volle, sonder huiwering, vertrou.

EENSGESINDHEID:

1 Kor. 1:10; Gal. 5:10; Fil. 1:27. Dit is noodsaaklik vir ‘n mens se geestelike oorlewing om in ooreenstemming of in pas te wees met wat die Gees in die res van die liggaam doen.  Net soos in ’n koor, moet ons nie net bewus wees van ons eie stem nie, maar ook van die stemme rondom ons. Ek maak gereeld aanpassings op grond van die invloed en sinergie van die liggaam. Christus in ons en om ons (Kol. 1:27). Jy kan jou musiekinstrument instem sonder ’n instemmer, maar jy sal nie saam met die orkes kan speel nie. Jesus is die standaard Instem standaard; ons is almal by Hom ingestem; en dan is ons in harmonie met mekaar.

GESONDE GEES:

In die meeste vertalings word dit met selfbeheersing of selfdissipline vertaal (2 Tim. 1:7). Die woord se stam beteken letterlik ’n “geredde” verstand – soos gered van ’n laer toestand na ’n hoër werklikheid. Dit is hoe jy jou hartstogte en begeertes beheer: deur ’n geredde, Goddelike denkwyse wat op die hemel gefokus is. Dit is hoe jy beheer toepas: deur jou fokus af te haal van die tydelike belonings en te jouself in te stel op die ewige beloning en heerlikheid. Wees bewus van God se finale oordeel. Net soos ’n atleet sy liggaam oefen en dissiplineer vir die beloning van ’n Olimpiese medalje, so oefen en onderwerp ons ons liggame in afwagting op ’n hemelse beloning (1 Kor. 9:27).

NUGTER DENKE:

“Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus” (1 Pet 1:13). Jesus se redelikheid, ewewigtigheid, nugterheid en gesonde verstand was grondliggend aan Sy lewe. Sedert Hy ’n jong seun was, het Hy met die skrifgeleerdes en Fariseërs in die tempel geredeneer. Die kern van die evangelie is gesonde verstand. Christendom is die een godsdiens in die wêreld wat ’n waaghalsige en voortdurende gebruik van die intellek vereis. Dink! Een van Jesus se gunsteling onderrigmetodes was deur vrae te vra en die vanselfsprekende te verklaar.

1) Om ‘n eed te hê buite die tempel en een binne, maak nie sin nie, laat jou ja, ja wees.

2) Herhalende gebede, is dwaasheid wie luister?

3) Klere is vir die liggaam, nie die liggaam vir klere nie.

4) Dis nie wat by die mond ingaan wat onrein maak nie, maar wat uit die hart kom

5) Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê

6) Die Sabbat is vir die mens en nie die mens vir die Sabbat nie

7) Dis dwaas om Hom te volg sonder om gehoorsaam te wees, God sien ons lewe.

GEESTELIKE DENKE:

“Julle moet eerder deur die aard van julle denke vernuwe word. Ja, trek die nuwe mens aan wat in geregtigheid en ware heiligheid na God se beeld geskep is” (Ef. 4:23-24). Lees en bestudeer die evangelies . . . en ontdek hoe Jesus gesukkel het dat die dissipels geestelike denke ontwikkel. Hy het uit ’n hemelse, ewige, troon-perspektief na alles gekyk. Ons grootste probleem is dat ons met ons natuurlike oë na die lewe kyk en nie met geestelike oë nie. So plaas hy die dissipels 2 keer in die situasie, om vir die menigte kos te gee met baie min.

NEDERIGHEID VAN DENKE:

“Moenie iets uit selfsug of ydelheid doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie elkeen na sy eie belang omsien nie, maar ook na dié van ander. Julle moet dieselfde gesindheid onder mekaar openbaar as wat in Christus Jesus was” (Fil. 2:3-5). Dawid verklaar self dat hy nie sy gedagtes op dinge bo sy vermoë rig nie (Ps. 131:1). Jy moet jouself sien soos God jou sien, nie verwaand wees en uit trots ’n oordrewe siening van jouself en ’n minderwaardige siening van ander hê nie. Die teenoorgestelde is ook waar: Moenie jouself onderskat en ander oorskat nie. Ons sien onsself deur Sy oë.

“STERF AAN SELF”-DENKE:

“Omdat Christus dan liggaamlik gely het, moet julle ook julleself bewapen met dieselfde insig, naamlik dat iemand wat liggaamlik gely het, met die sonde klaar is” (1 Pet 4:1). Dit is altyd die uitkoms van Christus-denke. Hy was die voorbeeld – Hy het Sy lewe vir die wêreld gegee. Christus se leringe is daarop gerig om die verborge motief van die self wat homself op die troon wil plaas, te ontbloot. Die ‘self’ bou ’n verhoog om die aansien en eer van mense te probeer kry.  Uiteindelik staan ons voor God alleen.

VREDELIEWENDE DENKE:

Gewillig om toe te gee. “Maar die wysheid van bó is in die eerste plek suiwer en verder ook vredeliewend, bedagsaam, inskiklik, vol deernis en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins” (Jak. 3:17). Die denke van Christus is nie rusiemakerig nie, soek nie ’n komplot agter alles nie, wil nie mense se geheime uitsnuffel nie. Dit sal wel op die oordeelsdag gebeur, maar Hy het gekom om dié wat verlore is, te soek en te verlos (Luk. 19:10).

Praat saam