Die wonder van ons nuwe lewe in Christus, en die volmaaktheid van Sy offer is die geskenk van onskuld. Sy bloed reinig ons volkome, dat ons onskuldig, en rein voor God kan staan.  Paulus verklaar sy skoon gewete voor sy aanhoorders, het hy dan vergeet van hoeveel Christene, hy gevange geneem het, en dat hy bygestaan het, by Stefanus se dood veroordeling? Dit is die nuwe lewe wat ons in Christus ontvang. Dit is hoe ons soos ‘n kind kan word om die koninkryk te kan beërwe. (Mat 18:1-6; Mar 10:13-16) 

Jesus vermaan sy dissipels: “Let op, Ek stuur julle soos weerlose skape onder die wolwe in. Wees dan skerp soos die slange, maar terselfdertyd opreg soos die duiwe. Matthew 10:16 

Kinderlike onskuld, is ons beste beskerming as koninkryksburgers. Want kinders, het nog nie die vermoë aangelê om skelm te wees, bymotiewe te hê, of slinks iemand te probeer uitoorlê nie. Kinders vat die lewe soos hy kom, en leef in die oomblik. Hulle vergewe onvoorwaardelik. Hulle onskuld is wat hulle so weerloos, maar ook aantreklik maak. Ons wil hulle net druk, en liefhê. As gelowiges leef ons in hierdie selfde onskuld, en weerloosheid. 

Daarom doen ek ook my uiterste bes om altyd ’n skoon gewete voor God en die mense te hê. (Acts 24:16)

Broers, met ’n absoluut goeie gewete het ek my lewe tot vandag toe in diens van God gelei!”(Acts 23:1)

Van bestuurders word verwag dat hulle hulleself as betroubaar sal bewys. Wat van my? Was ek betroubaar? Dis vir my werklik nie belangrik hoe julle of enige menslike regbank my beoordeel nie. Ek vertrou selfs nie eers my eie oordeel in hierdie opsig nie! My gewete is skoon, maar daarmee is ek nog nie noodwendig skotvry nie. Die Hére se oordeel oor my is al wat saak maak. (1 Cor. 4:4)

Ons trots bestaan daarin dat ons gewete saam getuig dat ons teenoor die wêreld, maar in die besonder teenoor julle, opgetree het met die erns en egtheid wat van God af kom. Ons het staatgemaak op die onverdiende goedheid van God en nie op ons eie menslike insig nie. (2 Cor. 1:12)

Maar ons het afstand gedoen van die geheime dinge wat ’n mens skaam maak. Ons leefstyl is nie dié van misleiding of om die woord van God te verdraai nie. Inteendeel, met die bekendmaking van die waarheid, beveel ons onsself aan by elkeen wat ’n eerlike gewete voor God het. (2 Cor 4:2)

Timoteus, ek dank God vir jou. Hy is die God wat ek met ’n skoon gewete dien, net soos my voorouers gedoen het. (2 Tim. 1:3)

Ons glo dat ons gewete skoon is, want ons probeer om in alle omstandighede reg op te tree.(Heb. 13:18)

Hierdie kinderlike onskuld, en eenvoud beskerm ons in dae van boosheid. Ek is baie bly oor julle, en ek sou graag wou sien dat julle alles weet van die goeie en niks wil weet van die slegte nie(Rom 16:17)

Want dit is die rein van hart wat God sal sien.(Mat 5:8) 

En dit is hierdie onskuld in Christus, wat ons vrymoedigheid gee om in die Heiligdom te vertoef. (Heb 10:19) 

Die mooiste voorsiening van ons onskuld in Christus, is dat ons in onskuld met mekaar leef. Ons reken nie die verlede toe, in ons interaksie met mekaar nie. Ons leef nie in agterdog en vrees met mekaar nie. Ons is oop, weerloos, opreg, en deursigtig. Inisieeël voel mens baie blootgestel, maar later beleef mens ‘n vryheid, en ‘n ongekunstelde vryheid. 

Praat saam