Die woord plaag kom 122 keer in die Bybel voor, waarvan die bekendste die 10 plae van Egipte is.  Deurgaans word plae as ‘n vorm van oordeel gesien oor die mens se ongehoorsaamheid. 

“Sorg dat jy lewe volgens al die bepalings van hierdie wet wat in hierdie boek opgeteken is, dat jy eerbied betoon aan die Here jou God, Hy aan wie se Naam eer en ontsag toekom. As jy dit nie doen nie, sal Hy ontsettende rampe oor jou en jou nageslag bring, groot en langdurige rampe, kwaadaardige en ongeneeslike siektes. (Deut 28:58-59) 

Die meeste mense sal erken dat die samelewing voortspoed teen ‘n malle gejaag na geld, welvaart, genot en plesier ten koste van familie, spiritualiteit en emosionele gesondheid. ‘n pandemie is soos ‘n tugyster wat die mensdom weer in lyn bring bv: Persoonlike higiëne, rus, immuniteit, gesond voedsame kos en aanvullings, stress vry, sosiale bedagsaamheid, verantwoordelikheid vir jouself en ander.  

Die Griekse woord: Plege, waar ons woord plaag vandaan kom beteken om te slaan, lyfstraf. Die Hebreeuse woord “makkah” wys na die instrument van straf soos die swaard, stok of sweep wat gebruik word om straf mee uit te dien. 

4127. πληγή plēgḗ; gen. plēgḗs, fem. noun from plḗssō (G4141), to strike. A stroke, stripe, blow, wound or injury.

(I) In the pl. (Luke 12:48; Acts 16:23; 2 Cor. 6:5; 11:23; Sept.: Deut. 25:3; Prov. 29:15).

(II) Metonymically a wound caused by a blow (Luke 10:30; Acts 16:33 in which “washed their stripes” denotes washing away the blood and filth of the wounds [cf. 16:23]; Rev. 13:14); “deadly wound” (Rev. 13:3, 12). See Sept.: 1 Kgs. 22:35; Is. 1:5.

(III) A plague, meaning a stroke or blow inflicted by God, a calamity (Rev. 9:20; 11:6; 15:1, 6, 8; 16:9, 21; 18:4, 8; 21:9; 22:18; Sept.: Lev. 26:21; Deut. 28:59, 61; 29:21).

Syn.: traúma (G5134), wound; hélkos (G1668), ulcer, open wound; gággraina (G1044), gangrene; mṓlōps (G3468), a bruise, a wound from a blow; rhápisma (G4475), a slap with the palm of the hand.

Ant.: eúnoia (G2133), benevolence; eulogía (G2129), blessing; cháris (G5485), grace; aspasmós (G0783), a greeting.

Buiten die gesondheid en gepaardgaande lewensverlies gevaar van die COVID 19 VIRUS is ons almal bekommerd oor die ekonomiese gevolge. In openbaring word die val van Babilon beskryf: veral m.b.t. die ekonomie: (Rev 18:11-17)

“Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie aan haar sondes deel kry en die plae wat oor haar kom, julle ook tref nie.” (Rev 18:4)

“Deeply spiritual but authentically practical” 

Lees aandagtig: Luk 12:35-48; Matt. 24:45-51; Mark. 13:33-37

Wees Wakker: 

Gelukkig is die slawe vir wie die eienaar by sy koms wakker sal aantref. v37 Leef met oop oë, wakker skerp, vinnig om te reageer, in gereedheid om te doen. 

Groot verantwoordelikheid:

“Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal ‘n swaar straf kry. Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal ‘n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.” v47-48

Gehoorsaamheid:

Wat is jou roeping opdrag? Is dit vervul? Sal jy teen die einde kan verklaar: “dit is volbring?” 

Finishing mentality:

Jesus sê: “Dit is volbring” (Joh 19:28-37; Matt. 27:45-56; Mark. 15:33-41; Luk. 23:44-49)

“laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof” (Heb 12:2)

“Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou” (2 Tim 4:7) 

“Maak die werk nou ook klaar” (2 Cor 8:10-11)

Moenie op hou nie! 

“so aan die werk sal kry” v43 teenoor “My eienaar draai lank om te kom” v45 

“hy die slawe, mans en vroue, begin slaan, terwyl hy self eet en drink en dronk word” Mense in vrees ‘default’ na hulle primitiewe dierlike bestaan, en raak wreedaardig bakleierig en wil dan deur kos, dwelms en drank van hulle sorge vergeet. Jesus roep ons op om getrou te bly aan ons opdrag en roeping as “slawe”! Ons is nie die eienaar nie, ons is die rentmeester, versorger, beskermheer van die eienaar se belange. Dit bring ook troos dat ons besittings en besighede die Here sin is! Hy sorg op die einde vir wat aan Hom behoort! 

Weet ook dat swaarkry goed vir die mens is: 

‘n Gelowige is soos ‘n teesakkie, die geur en smaak versprei eers wanneer jy warm water bygooi. 

Jesus verstaan lyding en leer ons om dit nie te probeer ontwyk of vermy nie, maar eerder deur die lyding ons geloof te behou. Sy hele lewe is ‘n verhaal van lyding, beproewing, temptasie, vervolging, verwerping, pyn, verraad, en smaad. Jesus triomfeer vorstelik deur dit alles. Hy bly gefokus, Hy verdra, Hy tree op in die teenoorgestelde gees, Hy ontsnap, Hy hou aan om goed te doen, waarlik wie is daar soos Hy? Soos ‘n roosblaar sy geur eksponensieel versprei juis wanneer dit gekneus of gevryf word, word die heerlikheid van wat binne ons is juis versprei in ons swaarkry. Soos ‘n lemoen uitgedruk moet word om die sap te kry, so kom God se krag juis tot sy volheid in ons, wanneer ons swak is, en wanneer ons verdruk word. 

Om nie pyn te kan ervaar nie, is lewensgevaarlik.

Om nie emosionele pyn te voel nie, maak mense gewetenloos. 

Sonder pyn word ons nie sterker nie en bou ons nie kapasiteit op nie. Dit word mooi geïllustreer in die animasiefilm, WALL-E. In die fliek doen robotte alles vir die mensdom terwyl mense net in hulle stoele lê, gewig optel en TV kyk. 

Jesus verstaan lyding en leer ons nie om dit te probeer ontwyk of vermy nie, maar eerder deur die lyding ons geloof te behou.

Jesus hulle te roep tot bekering! Genadetyd! 

Uiteindelik verstaan ons dat die straf/oordeel wat ons nou saam beleef, genade tyd is om ons te bekeer, en terug te draai na die Here! Dit is nou die tyd om uit te reik na mense!

‘n 3rde van Jesus se gelykenisse het geëindig met ‘n waarskuwing oor komende oordeel. 

Omtrent hierdie tyd is Jesus meegedeel dat Pilatus ’n aantal mense van Galilea laat doodmaak het terwyl hulle offers gebring het by die tempel in Jerusalem. 2“Dink julle daardie Galileërs was groter sondaars as die ander mense van Galilea?” het Hy gevra. “Is dit waarom hulle geboet het? 3Glad nie! En julle sal ook omkom tensy julle tot inkeer kom. 4En wat van die agtien mans wat gesterf het toe die toring van Siloam op hulle geval het? Was hulle die ergste sondaars in Jerusalem? 5Nee, en Ek sê weer vir julle, as julle nie tot inkeer kom nie, sal julle almal ook net so omkom.”Luke 13:1–5

Praat saam